Sport

Thabazimbi Gholfnuus

THABAZIMBI -Saterdag 22 Januarie se spel was Bonus Syferbal (Bogey). Daar is weer goeie gholf gespeel en Toppie Olivier eindig met +5. Die ander pryswenners was Nico van der Westhuizen (junior) met +1 en Garry Graham op 0.
Verlede Woensdag se Pick ‘n Pay Sundowner was gewen deur Jaco Prinsloo met 22 punte, en Derek Torlage het die skaapboud lootjie getrek. ‘n Vierbal Alliansie word Saterdag, 29 Januarie gespeel en spelers maak hulle eie vierballe op. Die eerste Borgdag word vir Saterdag, 26 Februarie beplan. Meer inligting sal binnekort deurgegee word.
Dit gaan tans goed met die gholfklub. Die baan is in ‘n goeie toestand maar daar kan gerus meer gereelde spelers gekry word. Daar is ook tans gras inplantings op setperke 1/10, 2/11 en 3/13 gedoen. Nommer 1/10 het ook tans ‘n tydelike setperk waar ‘n twee-set reël geld.
Spelers moet hul spanne vir die Interaksie gholf ook gereed kry. Daar is ‘n lys by die klub op waar die spanne kan inskryf. Die kompetisie was aanvanklik begin om die ou Yskor se verskillende afdelings teen mekaar te laat meeding. Die gedagte is nogsteeds dieselfde met die verskil dat ander groepe buite die myn ook spanne kan inskryf. Daardeur hoop die klub om meer spelers te betrek en die klub se gees verder te bou.
Die eerste been van die Elektiek kompetisie begin Saterdag, 5 Februarie. Dit gaan hopenlik vanjaar weer ‘n mededingende kompetisie wees en dames kan ook deelneem.
Op bladsy 20 van die nuwe reëlboekie staan daar: “Players should always show consideration for other players on the course and should not disturb their play by moving, talking or making unnecessary noise. Players should ensure that any electronic device taken onto the course does not distract other players.”

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments