Steenbokpan VLU herdenk tweede jaar
STEENBOKPAN – Steenbokpan VLU vier vanjaar hul tweede bestaansjaar en het 19 Januarie, hul eerste vergadering gehou en terselfdertyd hul verjaarsdag gevier. Die jaar wat voorlê blyk om ‘n opwindende een te wees na aanleiding van die tak se nuwe, vol program.
Elana Greyling en Betty en Maryna Pistorius, van Ellisras tak, was kuiergaste tydens die vergadering. Elana het ‘n praaitjie gehad oor hul tak se mini-skou. Tannie Betty en Maryna moes hard werk tydens hul kuiertjie, om Steenbokpan lede se talle inskrywings te beoordeel vir die komende konferensie in Maart.
Om deel te wees van die konferensie is ‘n groot prestasie en daarom borg Steenbokpan tak hierdie jaar al hul lede na die konferensie om lede te bedank vir hul harde werk wat ook die tak se sukses bepaal.
Die tak nooi almal vriendelik uit na hul volgende “Valentyn’s vergadering” wat gehou sal word Woensdag, 9 Februarie, om 13:00, te Steenbokpan Boeresaal. Kontak Elize by (014) 779 0960 of Ilana by (014) 779 0608.