General

Satellietkollege lewer uitstekende resultate

AMANDELBULT – Lephalale FET Kollege in samewerking met Amandelbult RPM, het verlede jaar ‘n satelliet tak, in Amandelbult geopen.
Die mynpersoneel wat die leemte vir verdere opleiding raakgesien het, het al die fasiliteite, geboue ensovoorts vir die kollege beskikbaar gestel.
Mnr Bossie Boshoff sê hy voel baie trots op die tak se eerstejaar uitslae. Hulle gemiddeld was in al die vakke 5% of meer, beter as al die ander nasionale kolleges se gemiddeld. ‘n Puik prestasie vir ‘n kollege wat nog sy voete vind.
Die eerste blok het nou geopen en u kan nog steeds inskryf. Die tweede blok begin Mei maand en u kan nou ook reeds inskryf. Die derde blok begin einde Augustus, begin September.
Voltydse dagklasse word in ingenieurswese, meganies en elektries aangebied, asook die oorbruggingskursus NCOR van graad 9 en 10. Huidig is daar 100 voltydse studente en vier voltydse lektore.
Aandklasse bied die volgende: Ingenieurswese, meganies en elektries, NCOR oorbruggingsklasse, mynstudies, sakestudies, N1, N2, N3, N4 en N5, nasionale senior (graad 12), sekretariële kursus en rekenaarklasse soos van 1) basies, 2) gevorderd en selfs rekenaarpraktyk.
Jy kan al jou handboeke in Afrikaans of Engels deur die kollege bestel. Binne ‘n dag of twee is jou handboeke beskikbaar.
Vanjaar het daar alreeds vir die eerste blok honderd studente vir die aandklasse ingeskryf. Sewe lektore neem die klasse waar.
Die kollege beplan om nog verder met studierigtings uit te brei, soos die behoeftes ontstaan.
Vir meer inligting kan u Charles Ngoepe by 082 740 9383 skakel.