Nuwe Vetshop in Thabazimbi
THABAZIMBI – Thabazimbi Vetshop open amptelik sy deure op 1 Februarie 2005. Die nuwe Vetshop idee is ‘n inisiatief van die Suid Afrikaanse Veterinêre Vereniging. Die doelwit is om bekostigbare veterinêre middels en diere produkte (dipstowwe, hondekos ensovoorts) van hoë gehalte aan boere en troeteldiereienaars beskikbaar te stel.
Die Thabazimbi Vetshop is sentraal geleë te 89 Vanderbijlstraat, Thabazimbi Dierekliniek, met genoeg parkeerplek. Daar sal altyd goed opgeleide personeel beskikbaar wees om u van professionele raad te voorsien oor die gebruik van ons produkte, insluitend dosisse, gebruiksaanwysings, ensovoorts. Spesiale aanbiedings sal gereeld in Die Kwêvoël geadverteer word.
Kom besoek die Vetshop gerus en bespreek enige spesiale behoeftes met hulle. Besigheidsure is Maandae tot Vrydae 08:00 tot 18:00, Saterdae van 08:00 tot 12:00 en Sondae van 09:00 tot 11:00.