General

HFM gala uitslae

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het Donderdagaand 20 Januarie hul gala aangebied en nie minder nie as sewe rekords is verbeter. Rhoné Rheeders laat spat die rekords vir dogters O/15 in 50 meter rugslag en 50 meter vlinderslag.
Maréli Storm verbeter die 50 meter rug-, bors- en kruipslag vir dogters O/16. Johann Coetzee verbeter die 50 meter vlinder- en rugslag vir seuns O/16 en het ook die rekord in die 50 meter kruipslag geëwenaar. Wat laasgenoemde prestasie uniek maak, is dat hierdie rekord al vir 18 jaar lank staan.
Die stadion was gepak met toeskouers en spanlede en aan aanmoediging het die swemmers nie ontbreek nie. Die witspan wen die gala en die rooispan wen die geesbeker.