General

Gaan Spoornet help met veevoer?

By die vyfhonderd metrieke ton lê en vrot. Voer is reeds bymekaar gemaak vir hulp aan boere wat vee weens die droogtetoestande moet voer. “TLU SA probeer, in samewerking met ander landbou organisasies, reeds vir drie weke om deur Spoornet treintrokke te kry vir die verspreiding van die voerskenkings” sê mnr Paul van der Walt, president van TLU SA. Spoornet het aangedui dat dit dalk nie toegestaan sal word nie.
Die rampgebiede waar die voer benodig word se veeverliese is besig om te styg. Dit noop TLU SA om nou in Suid-Afrika en internasionaal om hulp aan te klop om boere in hul noodtoestand te help. “Hierdie situasie wek kommer in die landboubedryf indien dit blyk dat Spoornet nie in sulke noodtoestande kan hulp verleen nie” het mnr van der Walt gesê.
Vir navrae kan Jaco van Niekerk (hoofkantoor) gekontak word by (012) 804 8031 of 084 471 2467.