General

Bediening in u omgewing

SETARIA – Die geseënde en suksesvolle bediening “Chrisma outreach” kom binnekort na die Setaria – Amandelbult omgewing. Hierdie bediening is ‘n interkerklike evangelisasie uitreiking wat die verspreiding van die Evangelie onder alle nasies ten doel het.
Hierdie bediening het ontstaan as gevolg van ‘n visie in die harte van persone wat dit ten doel het om siele vir die koninkryk van God oor kerk gense heen in te samel. Hul glo die evangelie van Jesus Christus is die enigste antwoord vir die lae morele peil, geweld en misdaad in ons land.
Die bediening spits hulle varal toe op die plattelandse dorpe, omdat hulle voel die kleiner dorpies in die platteland word gewoonlik afgeskeep wanneer dit by uitreikings van hierdie aard kom.
Hierdie bediening staan onder die beskerming van die gemeente Lofpark bediening te Rustenburg. Hul het geen bymotiewe of winsbejag in die oog nie. Lofpark bediening word reeds die afgelope 19 jaar met groot seën en sukses bedryf.
Die dienste sal in twee tale gehou word in ‘n tent wat te Setaria opgeslaan word, en begin op die 6de Februarie en duur tot en met die 13de Februarie.
Alle gemeentes en individue is hartlik welkom. Belangstellendes kan navraag doen by 082 928 3723 (Lien Odendaal, Setaria), 083 656 6543 (Francois Burger, Rustenburg) of 072 187 5777 (Andreas du toit, Rustenburg).