Sport

Thabazimbi Rolbalklub kampioene

THABAZIMBI – Thabazimbi Rolbalklub het die eerste twee naweke van die nuwe jaar aan die Waterberg vierspel kampioenskappe wat onderskeidelik op Nylstroom, vir die dames, en Potgietersrus vir die mans, aangebied was, deelgeneem.
Die damesspan het bestaan uit Marietjie Benadé, Elsa Becker, Karlien van Staden en Shirley Lotheringen mansspan uit Archie Benadé, Armand van Staden, Rodney Winnen en Theo de Bruyn. Albei hierdie spanne het na afloop van ‘n baie warm dag, van die baan gestap as Waterberg Kampioene. Wat die prestasie so besonders maak, is dat beide dié trofees selde deur een klub ingepalm word nie.
Alle belangstellendes of vir meer inligting kan Rodney Winnen gekontak word by 082 898 6479 of Karlien van Staden by 083 479 0081.