SAVF Hansie en Grietjie reeds 39 jaar oud
THABAZIMBI – SAVF Hansie en Grietjie Kleuterskool is reeds 39 jaar oud en geregistreer by die Departement van Onderwys, die dagprogram en sillabus soos deur hul voorgeskryf word gevolg.
Die skool is geleë in vierde laan 58 en is goed ingerig met genoeg speelplek vir 100 kleuters. Die skool is geregistreer by Volkswelsyn as ‘n nie-winsgewende organisasie (NPO). Klassies is mooi ingerig met ‘n fantasiehoekie, blokareas, leeshoekie en genoeg tafels en stoele vir al die kleuters. Die skool beskik ook oor drie kleuter badkamers, wat bestaan uit 11 toilette en wasbakke op die regte hoogte vir kleuters. Kinder musiekklasse en rekenaarklasse word ekstra by die skool aangebied. Ons baba klas word deur Magda Potgieter behartig en beskik oor genoeg slaapplek en geriewe vir ses babas.
Voldag kleuters word voorsien van ‘n gebalanseerde ligte middagete wat bestaan uit proteïne, stysel, vars groente en vrugte, asook ‘n laat middag verversing. Daar is vyf personeellede wat na die kleintjies omsien. Susarie le Roux, is die Hoof, en ‘n opgeleide kleuterskool onderwyseres met 21 jaar ondervinding, sy behartig die Gr R klas al vir die afgelope 17 jaar. Mev Carien Esterhuizen behartig die twee tot drie jaar peuter klassie, sy is tans besig met haar EduCare kursus, Magda Potgieter is by die baba klassie nul tot twee jaar en tannie Sophie Theunissen pas die voldag kleuters in die middae op.
Die personeel nooi almal uit om enige tyd van die dag die skool te kom besoek en self te kom kyk wat hulle het, en wat hul u kind alles kan bied. Vir verdere inligting of navrae kan die kleuterskool gekontak word by (014) 777 1361.