SAVF Debutante
THABAZIMBI – Die SAVF van Thabazimbi wil graag ‘n geldinsamelingspoging loods deur gebruik te maak van debutante. Dit behels dat die persoon vir ‘n tydperk van minstens ‘n jaar bereid moet wees om namens die SAVF geld in te samel.
Daar is kontant pryse op die spel. Die persoon wat die meeste insamel sal die wenner wees en 30 persent van haar insameling ontvang. Alles hang af van hoeveel jy as persoon gaan insamel. Elke persoon moet op eie insiatief geld insamel.
Besighede en ander instansies wat betrokke wil raak is baie welkom. Dit gaan behels dat hulle ‘n persoon moet aanstel wat namens hul geld insamel. Dit sal ook as advertensie dien op die aand van die Debutante Bal. Die SAVF is ‘n welsynsorganisasie wat baie afhanklik is van bydraes uit die gemeenskap. Die sluitingsdatum is 12 Februarie 2005, want hul wil graag die projek in Maart 2005 loods. Enige belangstellendes wat die uitdaging wil aanvaar kan vir Marieta skakel by 082 926 8594.