Gholfnuus
THABAZIMBI – Saterdag 15 Januarie se spel was ‘n Beterbal Stableford. Derek Torlage en Jakkie van der Wateren wen met 47 punte. Tweede was Jannie van Graan en Riaan Vorster op 45 met Bokkie en PF Bronkhorst sowel as Jannie van der Wateren en Bernie Gous op 43 derde. Die klub het ‘n nuwe groot ysmasjien aangeskaf en daar is nou ys in oorvloed. Lede kan pakkies ys koop vir net R2 ‘n pakkie, ‘n ware winskoop in hierdie warm tyd. Die skottelskaar braaiers wat voorheen in die karavaanpark en toe voor die klubhuis was, is uitgehaal en enige persoon wat belangstel kan gerus ‘n aanbod kom maak. Saterdag, 22 Januarie se spel is Bonus Syferspel (Bogey). Daar sal om twaalfuur kaarte getrek word om vierballe op te maak. 29 Janruaie is dit ‘n Vierbal Alliansie en elke groep kies hulle eie maats. Die baie gewilde Pick ‘n Pay Sundowner op Woensdag middae gaan steeds voort. Ons wil weereens baie dankie sê aan Bernie Gous en Pick ‘n Pay vir hierdie borgskap. Lede moet dit gerus ondersteun. Op 5 Februarie begin die eerste been van hierdie jaar se Eklektiek kompetisies. Lede moet asseblief hierdie kompetisie ook ondersteun. In die nuwe Reëlboekie (Bladsy 19) staan die volgende: “The Spirit of the game. Unlike many sports, golf is played, for the most part, without the supervision of a referee or umpire. The game relies on the integrity of the individual to show consideration for other players and to abide by the Rules. All players shoud conduct themselves in a disciplined manner, demonstrating courtesy and sportmanship at all times, irrespective of how competitive they may be. This is the spirit of the game”.
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments