Dwelms wek kommer op Dwaalboom
DWAALBOOM – In ‘n verklaring, uitgereik deur die SAPD Dwaalboom, is daar toenemende kommer oor dié gemeenskap se kinders wat by alkohol- en dwelmmisbruik betrokke is.
Sersant du Plessis sê hulle weet van die areas waar die dwelms beskikbaar is en meeste van die kinders op Dwaalboom word blootgestel aan uiters gevaarlike dwelms. Die SAPD gaan ‘n voorligtingsaand reël sodat die gemeenskap, sowel as hul kinders, meer bewus kan wees van die gevare van dwelmmisbruik.
Die aand sal aangebied word by PPC Rec Klub op 10 Februarie om 19:00. Vir enige navrae kan Pieter du Plessis gekontak word by (014) 778 0600 of 073 241 8274 of vir Essie Esterhuysen by (014) 778 9104 of 082 770 3883.