Verseker dat jou somer gelukkig eindig
Kansa sê die voorvalle van vel kanker in Suid-Afrika, is van die hoogste ter wêreld en is aan die toeneem, met meer as 15 000 voorvalle nuwe gevalle wat jaarliks aangemeld word. Vel kanker kan voorkom word en as dit vroegtydig opgemerk word, is dit hoogs geneesbaar. Meer as 80% van vel beskadiging wat tot vel kanker kan lei, vind voor die ouderdom van 18 plaas, en neem toe later in jou lewe. Slegs een son blasie wat jy as kind opgedoen het, verhoog jou kanse drasties om ‘n melamoon te ontwikkel in jou latere lewe.
Almal loop gevaar, alhoewel mense met ‘n donkerder vel minder vatbaar is aangesien hul vel meer natuurlike melamien bevat wat hulle beskerm teen son beskadiging. Mense met ‘n ligte vel, spesifiek mense met rooi hare, wat moesies of sproete het, wat voorheen velkanker gehad het, ‘n familie geskiedenis van die siekte het, buitemuurse sport beoefen, in die son werk of baie tyd in ‘n motor spandeer, word as hoë risiko geklsifiseer.
Tref spesiale voorsorg vir kinders wat in die son speel. Babas jonger as ‘n jaar oud, behoort nie aan direkte sonlig blootgestel te word nie. Daar bestaan nie ‘n “veilige” sonbrand nie. Wees SonSmart – bly veilig in die son. Voorsorg teen die son wat op ‘n jong ouderdom geleer is, sal altyd onthou word.
Beperk totale tyd in die son, veral 10:00 tot 15:00 wanneer die sonstale op hul gevaarlikste is. Bly so lank as moontlik in die skaduwee of onder ‘n sambreel. UV strale weerkaats vanaf sement, water, sand, selfs gras, sodat jy self vel beskadiging in die skaduwee kan kry. Uv strale is nie dieselfde as hitte nie, jy kan te veel blootstelling kry selfs al is die weer koel.
Beskerm jouself deur ‘n groot, digte hoed en dig geweefde klere te dra. Wees op die uitkyk vir UV beskermende klere, swemdrag en skadunet wat die Kansa stempel van goedkeuring dra. Jou oë benodig ook beskerming. Skaf vir jou ‘n sonbril aan met ten minste UV400 beskerming. Wees op die uitkyk vir lense wat deur Kansa erken word vir die maksimum beskerming.
Gebruik altyd ‘n hoë son beskermings faktor – 15 of hoër – smeer dig oor die hele liggaam. Onthou jou nek, oor punte, lippe, arms en hande. Smeer gereeld aan, veral nadat jy geswem of jou afgedroog het.
‘n Sonbed is nie veilig nie, aangesien dit UVA radioaktiewiteit bevat en moet ten alle koste vermy word. Dit veroorsaak vroëe vel veroudering en verhoog jou kanse op Kanker. Sorg dat jy maandeliks jou vel deurgaan en ondersoekr. Indien jy merk dat ‘n moesie verdonker of vergroot, kan jy dadelik jou dokter raadpleeg.