Bank kliënte gewaarsku
Banke waarsku kliënte om op die uitkyk te wees vir gevlekte banknote aangesien hierdie note ‘n kriminele oorsprong het en dit dus onwettig is om hierdie note te prosseseer. Banke waarsku dat daar nog van hierdie note in sirkulasie is en in terme van die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad Akte nommer 121 van 1998, is dit ‘n misdaad om in besit te wees van hierdie note. Onder geen omstandighede moet die publiek hierdie note aanvaar nie.
Baie besighede wat wel met die note sit, is ook onseker wat om met hulle te doen.
‘n Kleur gevlekte noot is ‘n bank noot met enige spoor van kleursel, gebruik in ‘n geld beskermings toestel. ‘n Noot is gevlek wanneer kleur gewoonlik pienk, oranje, blou of rooi op die noot teenwoordig is. Die publiek moet op die uitkyk wees vir pienk, oranje, blou en rooi vlekke op die gesig of sye van banknote. Besoek dadelik jou naaste bank indien jy op hierdie note afkom. Die bank sal aan jou ‘n eis vorm gee wat voltooi en na die Suid Afrikaanse Reserwe Bank gepos moet word. Die adres is: Die Bestuurder, Suid Afrikaanse Reserwe Bank, Posbus 17376, Pretoria Noord, 0116.
Banke gaan altyd eers die note na deur dit te skandeer voordat dit in die ATM masjiene gelaai word. Indien ‘n kliënt oortuig is dat hy hierdie noot van ‘n ATM ontvang het, moet hy die onttrekkingstrokie saam met sy eisvorm instuur.
Die bank wie se ATM gebruik is, moet die eis vir jou hanteer. Dieselfde prosedure word by al die banke gevolg.
Die vereiste om ‘n eisvorm te voltooi, sal kriminele ontmoedig, aangesien iemand se naam wat aanhoudend op die databasis van die Reserwe Bank verskyn, wel betrokke kan wees by geldwassery.