Winkel diefstal ‘n probleem
THABAZIMBI – Na ‘n onlangse plaaslike ondersoek wat gedoen is deur Pick ‘n Pay, het dit aan die lig gekom dat winkeldiefstal in Thabazimbi ‘n ernstige probleem is.
Met die feesseisoen voor die deur, gaan winkeldiefstal ook waarskynlik toeneem en die handelaars het dit eens dat hierdie diewe vasgevat gaan word. Hulle vra die publiek se hulp deur ‘n persoon wat verdag optree, dadelik aan die winkel se sekuriteit of personeel te rapporteer.
Winkeldiewe moet ook geen genade van die handelaars verwag nie. Hierdie persone sal aangegee word en sal dan ‘n misdaadrekord teen hul naam hê wat kan lei tot tronkstraf.