Thaba swemmers presteer

THABAZIMBI – Die Limpopo Swemklub Kampioenskappe is gehou gedurende 26 en 27 November te Pietersburg, en 24 van Thaba Swemklub se swemmers het deelgeneem en medaljes ontvang.
Die kompetisie was baie sterk en sommige van die swemmers moes in hoër ouderdomsgroepe deelneem. Al die klubs in die Limpopo het deelgeneem, asook ‘n klub van Johannesburg en een van Zimbabwe. Met uitsondering van twee of drie kinders, het Thaba swemmers hul tye uitstekend verbeter. Daar is tot 34 sekondes op sekere items verbeter. Thaba Swemklub is huistoe met altesaam 42 medaljes.