Wonderbaarlike herstel na ongeluk
THABAZIMBI – ‘n Motorongeluk in September 2000 het Coenie van Greunen (26) vwelam gelaat met geen hoop op herstel nie. Sy positiewe houding en sterk wilskrag het die dokters egter verkeerd bewys nadat Coenie in so ‘n mate herstel het, dat hy onlangs vir hom ‘n bakkie kon aanskaf.
Die motorongeluk waarby ‘n koedoe betrokke was, het ongeveer 500 meter voor die Brits T-aansluiting plaasgevind. Drie van sy nekwerwels het gesplinter en in sy rugmurg gesteek. Dokters by die Eugene Marais hospitaal het sy ouers voorberei dat hy lewenslank ‘n parapleeg sou wees.
Vandag is Coenie werksaam tussen Kroonstad en Thabazimbi waar hy besig is met die bemarking van sy kunsmis en saad, en sodoende homself vestig as belowende sakeman. Hy ontvang steeds behandeling in Kroonstad om sy spiere en koördinasie aan die linkerkant te versterk soos die regterkant.
Coenie en sy ouers bedank die gemeenskap en boere vir hul lojale ondersteuning die afgelope jare. Hulle wens almal ‘n voorspoedige Kersfees en Nuwejaar toe.