TrenTyre krieket aandliga finaal
THABAZIMBI – In ‘n naalbyt krieket eindwedstryd Dinsdagaand, 23 November, tussen Victor Makelaars (Victor Potgieter Makelaars/Northam Toyota) en Rhino (Setaria), wen Victor Makelaars die spannende wedstryd met drie lopies.
Victor Makelaars kolf eerste en behaal 148 lopies met Ettiene op 29 lopies en Wynand op 22 lopies. Die beste twee boulers vir die Rhino’s was Jacques met 5/25 en Karel met 2/36.
Die Rhino’s word uitgehaal op 146 lopies met sewe balle oor. Barend met 49 lopies en Kobus met 30 lopies vaar die beste met die kolf. Vir Victor Makelaars was Barend met 4/25 en Wynand met 2/42 die beste boulers.
Die organiseerders van die aandliga krieket bedank TrenTyre, die amptelike borg, vir al hul ondersteuning asook Tallisman vir die rol van die kolfblaaie deur die seisoen. Die borge, spelers en ondersteuners word ‘n Geseënde Kersfees toegewens en hulle hoop dat daar volgende jaar weer so ‘n opwindende seisoen sal wees.