Entertainment

RiVo Toneel sê dankie

RiVo Toneel se “RiVo-Jolle” was die afgelope maand vyf keer op die planke. Soos altyd was die besoek aan Makoppa baie lekker en ons sê baie dankie aan die spontane gehoor. Aan ons plaaslike ondersteuners, baie dankie.
Die aanbieding Vrydagaand, 19 November, in die Koffiehuisteater te Brits, was met een woord heerlik, en Saterdagaand se optrede in die Pierneefteater ook weereens ‘n wonderlike ervaring.
As groep bedank ons ook ons wederhelfies en gesinne. Julle volhoue ondersteuning deur dik en dun word opreg waardeer. In besonder ‘n groot dankie aan Die Kwêvoël – Pieter en Lizanda – vir die positiewe beriggewing en ondersteuning. Julle is ‘n puik koerant.
Rita Volschenk, RiVo  Toneel.