Kumba Marathon klub nuus

Thabazimbi – Die Kumba Marathon klub gaan 16 Januarie 2005 ‘n klub vergadering hou. Die plek van vergadering sal by Barend Schlebusch se woning te 9de Laan 27, Thabazimbi plaasvind. Dit is die woning reg langs die AGS Kerk.
Die vergadering sal 15:00 begin met die verkiesing van die nuwe bestuur. Na  afhandeling van die vergadering word ‘n afskop bring en braai gehou. Alle oud en nuwe lede is baie welkom.
Lede wat wil aansluit kan hul R150 klub-fooi saambring. Dit sal die lisensie- en klub geld insluit. Lede wat die dag met vergadering aansluit en betaal, sal die verkryging van die lisensie nommer bespoedig.
Vir navrae kan Barend Schlebusch gekontak word by 083 521 9909.