Thabazimbi Kleuter-Akademie

THABAZIMBI – Thabazimbi Kleuter-Akademie is ‘n een-stop diens wat absoluut vir u gerief en tot u kind se voordeel geskep word. Die Akademie open 4 Januarie 2005 en is ‘n moet vir jou kind. Die Akademie gaan u kind se Intellektuele- en emosionele intelligensie asook hul fyn- en groot motoriese vaardigheid maksimaal ontwikkel.
‘n Babasorg-eenheid (vanaf 6 weke oud), kleuterafdeling, Gr R klas en Naskoolsentrum vir Laerskool kinders word geskep. Kleuter-Akademie bied ‘n pakket aan teen R580 per maand wat die volgende insluit: Engelse taalvaardigheidsopleiding – vanaf 2 jaar, Rekenaar opleiding – vanaf 2 jaar, Kindermusik – studioklassies word aangebied, Ballet vir dogters vanaf 3 jaar, Playball vir seuns vanaf 2 jaar ‘n voorgeskrewe sillabus word gevolg.
Gekwalifiseerde personeel is aangestel om onderrig aan u kind te gee asook ‘n gekwalifiseerde Verpleegkundige op die perseel. Etes sal ontbyt, ‘n gebalanseerde middagete en verdere versnapperings deur die dag insluit. Skooltye sal vanaf 05:45 tot 17:30 wees en sal slegs drie weke in Desember sluit.
Die Naskoolsentrum word vir u gerief geskep en teen R230 per maand word u kind afgehaal by Laerskool Thabazimbi, ontvang hulle ‘n gebalanseerde middagete asook bystand en hulp word met hul huiswerk verleen. In wintertye sal die kinders op Dinsdae en Donderdae om 14:30 na die skool geneem word vir hul wintersport en weer 16:30 afgehaal word.
Thabazimbi Kleuter-Akademie is op die perseel van Hoërskool Frikkie Meyer by Impala koshuis. Alle aktiwiteite word by die perseel aangebied en geen kleuter sal dus die terrein verlaat nie. Om u kind se plek te verseker is ‘n registrasiefooi van R100 betaalbaar. Vir meer inligting kan Charline van der Walt gekontak word by 072 579 0070.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.