Steenbokpan VLU

Dit was ‘n besige en suksesvolle jaar vir Steenbokpan VLU en die tak het nie net in hul doel geslaag om die Vroue Landbou Unie bekend te stel nie, maar ook om al hul lede se volle potensiaal na vore te bring. Daar is hard gewerk en baie nuwe talente is ontdek.
Die jaar se afsluitingsvergadering is by Tharina Pelser se jagkamp gehou, waar heerlik vir oulaas om die kompetisie tafel saam gekuier is. Daar was treffende en interessante artikels, onder andere drie soorte droë koekies, geskenk verpakkings en tafelrangskikkings van eetbare sade.
Die program vir volgende jaar beloof om almal se geesdrif weer aan te spoor, maar Steenbokpan tak se lede gaan eers ‘n welverdiende rus kans geniet. Hulle wens almal ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2005 toe.