General

Sanlam Wêreldkennis Olimpiade wenners

THABAZIMBI – Sanlam het Maandag die pryse aan die wenners van die
Wêreldkennis-Olimpiade aan twee leerlinge van Laerskool Thabazimbi oorhandig. Martin Meintjies het ‘n goue medalje ontvang en Lambert Joubert het effektetrust ter waarde van R1000, wat deur Sanlam geborg word, ontvang.
Sedert die Wêreldkennis-Olimpiade in 1993 landwyd gehou word, het ongeveer 100 000 leerders reeds daaraan deelgeneem. Die Olimpiade het homself nou gevestig as die grootste algemene kennis kompetisie in die land.
Prof Nico du Plessis van Bloemfontein, die administrateur en opsteller van die vraestel, het terwyl hy aan die Universiteit van die Vrystaat verbonde was, navorsing gedoen oor die vlak van algemene kennis by hoërskoolleerlinge in die Vrystaat. Die resultate was glad nie goed nie en hy het aan ‘n plan gedink om dit te verbeter, maar op so ‘n manier dat die leerlinge dit ook kan geniet. Só het die gewilde kompetisie ontstaan.
In 1993 was die gemiddelde presentasie van al die deelnemers 41.3%, en vanjaar 50.4%. Dit is ‘n styging van 9.1%. Die Wêreldkennis-Olimpiade is dus beslis besig om vrugte af te werp.