Motorfietse en vier-wielers nou in Thabazimbi
THABAZIMBI – Bushveld Bike and Quad het onlangs in Thabazimbi geopen. Mariette, aan die stuur van sake, sê weens die hoë brandstofprys, begin al hoe meer mense motorfietse aanskaf. Bushveld Bike and Quad het ‘n verskeidenheid motorfietse, iets vir almal se smaak en sak. Die heel kleinste fiets is ‘n PY 50 en selfs tot 4 wiel motorfietse word deur hulle bemark. Een van die beste verkopers is die Kinroadtiger XT 150cc. Die fiets kom in geel, blou en rooi kleure uit, prys R11000.
Mariette bestempel die fiets as parmantig. Jy kan 74km ver met 1.5 liter reis. Hy is elekries, “kickstart” met “disk brakes” en “monoshocks”. Die Adventure 125cc met ABS remme, elekries en “kickstart” kos R11500. Hierdie is ‘n regte dames of meisiesfiets. Jy kan op 16 jarige ouderdom jou lisensie vir die fiets kry. Die fiets kan tot 10km doen op 1.5 liter brandstof.
Die Midget 50 (R6500) het ‘n spoedbeperkingstelling en is dus ideaal vir kinders. Gaan loer gerus in na die verskeidenheid fietse by Bushveld Bike and Quad in hul perseel langs Engen. Mariette sê mens moet onthou ‘n motorfiets is nie ‘n speelding nie. Jy moet jou fiets altyd met respek behandel en hanteer en nooit maar nooit sonder ‘n valhelm en skoene ry nie. Valhelms en onderdele is ook by Bushveld Bike and Quad beskikbaar.