Jukskei uitslae
THABAZIMBI – Uitslae van die “Krag tot Krag” Jukskei toernooi wat op 6 November gespeel is, is as volg: Vroue A-afdeling (ses spanne) – Oos Gauteng 1 in die eerste plek en Noordelike Provinsie 1 en 2 het in die vyfde en sesde plekke geëindig.
Vroue B-afdeling (ses spanne) – Gauteng Noord 1 eindig in die eerste plek en Noordelike Provinsie 2 eindig vierde met Noordelike Provinsie 1 in die vyfde plek. Veterane A (ses spanne) – Gauteng Noord 1 eindig in die eerste plek met Noordelike Provinsie 1 wat derde eindig en Noordelike Provinsie 2 in die sesde plek. Veterane B (ses spanne) – Gauteng Noord 1 eindig eerste en Noordelike Provinsie 1 vierde met Noordelike Provinsie 2 in die sesde plek.
Mans A (ses spanne) – Oos Gauteng 1 eindig eerste gevolg deur Noordelike Provinsie 1 in die tweede plek en Noordelike Provinsie 2 in die sesde plek. Mans B (ses spanne) – Gauteng Noord 2 eindig eerste, Noordelike Provinsie 1 eindig vierde en Noordelike Provinsie 2 eindig sesde.
Mans C (ses spanne) – Gauteng Noord O/14A eindig eerste en Noordelike Provinsie 2 eindig vyfde. Seuns O/19 (vyf spanne) – Gauteng Noord O/19A2 eindig eerste en Noordelike Provinsie O/19 eindig tweede. Gauteng Noord was tydens die toernooi die algehele wenner.
Uitslae van die Nyl Wyksbond liga te Naboompark wat op 13 November gespeel is waarin twaalf spanne meegeding het vir die trofee in elke afdeling:
A-afdeling (ses spanne): Tarentale 1 eindig eerste met 50 punte, Olifante tweede met 43 punte, derde is Tarentale 2 met 40.5 punte en vierde Thabazimbi 1 met 40 punte, Thabazimbi 2 eindig vyfde met 35 punte en Naboompark sesde met 16.5 punte.
B-afdeling (een span): Het in die C-afdeling gespeel vir hulle eie punte. Die span was Nylstroom met 54 punte. C-afdeling (vyf spanne): Kromdraai wen met 49.5 punte, Naboompark tweede met 47 punte, derde Tarentale met 33.5 punte, vierde Thabazimbi met 25.5 punte en vyfde Thabazimbi 2 met 15.5 punte.
Beginners trofee – Thabazimbi: Mopanie klub in Polokwane bied op Saterdag, 20 November ‘n Opedag aan. Martiens Vermaak kan gekontak word by (015) 295 4501 of 084 880 8379.