General

Word een van die Idols by Squirrels

Squirels in Thabazimbi beoog om eersdaags met hulle eie “Idols” kompetisie te begin.
Om alles hiervoor voor te berei, het hulle klanktoerusting van bykans R150 000 geïnstalleer. Dit sluit ook drie TV stelle asook ‘n groot-skerm TV vir karioke doeleindes in.
Die karioke word juis ingebring om die mense aan die sing te kry. Oud en jonk word uitgenooi na die eerste karioke aand wat hierdie Woensdag plaasvind. Verrigtinge begin 19:00 en terwyl jy wag kan jy solank ontspan met ‘n koeldingetjie in die hand. Die karioke aande gaan uitgebrei word na ‘n tipe van Idols-kompetisie met groot pryse op die spel. ‘n Gala aand word ook in die vooruitsig gestel waar al die finaliste van die “Idols” kopetisie sal optree. Daar word ook gekyk na ‘n CD opname vir die wenner.
Hierdie is die ideale geleentheid vir ontluikende plaaslike talent om na vore te tree. Daar is egter net een beperking. Mamma, jy sal nie jou kind wat nog nie 18 jaar oud is vir die kompetisie kan inskryf nie en jy sal haar ook nie na die karioke aand kan saambring om na jou te luister nie. Soos ons almal weet, is Squirrels ‘n openbare kroeg waar sleg 18-jaar en ouer welkom is. Jou minderjarige kind sal in Die Kwêvoël van jou sukse lees en daarna streef om dit te ewenaar as sy of hy die dag 18 jaar oud is.