Opleidingskoste nou bekostigbaar
Duur opleiding ingevolge die bepalings van die omstrede nuwe vuurwapenwet is nou plaaslik binne die bereik van Jan publiek.
‘n Pretoriase maatskappy wat regsdienste en regsverteenwoordiging vir sy lede landwyd deur middel van ‘n netwerk prokureurs verskaf, het die koste van die opleiding by maandelikse ledegeld ingesluit.
Volgens ‘n woordvoerder van die regskema Iudex word sy lede die voordeel gebied om opleiding kosteloos te ontvang, dit sluit ook hernuwingskostes na vyf jaar in. “Ons maatskappy onderskryf verantwoordelike vuurwapeneienaarskap, maar is bewus van die aansienlike koste wat opleiding meebring ten einde vuurwapeneienaars in staat te stel om te voldoen aan die nuwe wet”, het hy gesê. Iudex het amptelik-geakrediteerde diensverskaffers van vuurwapen opleiding gekontrakteer om opleiding teen vasgestelde pryse te verskaf aan sy lede. Op die wyse word opleidingskoste inderdaad vir die volgende vier jaar op ‘n redelike vlak gehandhaaf.”
Benewens hierdie toegewing behels lidmaatskap tot die skema ook regsdienste oor die hele land. In vuurwapen-verwante voorvalle waarin lede betrokke mag raak, word ‘n “reaksiemag” aangewend om bystand te verleen. ‘n Prokureur op bystand word na die toneel ontbied/ontplooi om as amptelike segsman van die Iudex lid op te tree en ook om die polisie – ondersoek te monitor, ‘n forensiese en ballistiese taakspan van die maatskappy is ook altyd op bystand indien nodig.
Hierbenewens verleen die maatskappy ook bystand met die vereistes van vuurwapen lisensieering. Veral motivering in die aansoek is belangrik en verg nou ‘n groot mate van kundigheid. In geval van die weiering van aansoeke word die appelproses namens die lid hanteer.
“As diens aan ons lede word die lisensieering-proses nou namens die lid bestuur.”
As gevolg van die bepalings van die wetgewing word lidmaatskap en voordele van die Iudex Licentia regsdienste-polis beperk. Aansluiting van nuwe lede sluit op 15 Desember vanjaar.
U skakel persoon in Thabazimbi en omgewing is:
René Vos 073 185 4994 of (014) 7721309.