Ontsnaptes weer agter tralies
THABAZIMBI – Van die vier ontsnapte gevangenisse wat verlede week ‘n polisieman in die selle oorrompel en ontsnap het, was drie weer teen Maandagmiddag, 20 September, agter tralies.
Polisie van Cumberland het op Sondag, 19 September, twee verdagtes naby Van Wykskraal langs die pad sien sit. Een verdagte het egter weggehardloop toe hy die polisie gewaar, maar die ander een is in besit van die polisieman van Thabazimbi se vuurwapen, asook ander gesteelde goedere gevind. Sondagmiddag laat is die verdagte wat te voet gevlug het ook aangekeer.
Die een was in aanhouding vir verkragting en die ander een vir plaasmoorde wat 19 jaar gelede gepleeg is. Teen Maandagmiddag is ‘n derde verdagte in Regorogile aangekeer.
Die verdagtes word ook nou verbind met vorige huisbrake, en word ook nou verder aangekla vir ontsnapping, roof en die steel van ‘n vuurwapen.