General

Motorblad beste in kategorie

MULDERSDRIF – Die motorbylaag van Die Kwêvoël is verlede naweek as die beste in sy kategorie (oplaag minder as 10000) aangewys.
Die toekenning is verlede Saterdag tydens die Nissan Capro toekenningsfunksie vir die gemeenskapspers gedoen. Hierdie funksie sowel as die Sanlam toekenninsfunksie vir die gemeenskapspers is vanjaar by Misty Hills in Muldersdrif aangebied, Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat Die Kwêvoël hierdie toekenning voor die neuse van die ander koerante wegraap.
Tydens die Sanlam funksie wat die Vrydagaand gehou is, het Die Kwêvoël met die toekenning as naaswenner vir die beste voorblaaie vir dorpskoerante weggestap. Hierdie was ook die vierde toekenning wat Die Kwêvoël in hierdie spesifieke kategorie ontvang het. Die beoordelaars sê in hulle kommentaar oor die voorblaaie:- “Die Kwêvoël het weereens ‘n bladopmaker wat nie skrikkerig is om kleur te gebruik nie. Dit kan dalk oorweldig, maar het ons ‘n tweede keer na die voorblaaie laat kyk”.