Mej Tiener 2004 finaliste uit Thabazimbi

THABAZIMBI – Tydens die afgelope Saterdag se “Miss Winter Queen” modelkompetisie wat in Pretoria aangebied is, het die 17 jarige Karina Botha en Emily Phepeng van Thabazimbi hul plekke as finaliste in die Mej Tiener kompetisie verseker.
Die uitdunne vir hierdie kompetisie was reeds op 21 Augustus gehou. Studio III Model agentskap het die Bosveld goed verteenwoordig aangesien ses van hul modelle aan hierdie kompetisie deelgeneem het.
Die pragtige 17 jarige Karina Botha, wat in 2003 by Studio III
aangesluit het, het reeds aan vele kompetisies deelgeneem, onder andere “Mej Wildsfees”, waar sy eerste prinses was en “Miss Rivonia” waar sy uit 30 deelnemers ‘n vierde plek behaal het.
Gedurende die winter skoolvakansie het Karina vanaf 12 tot 16 Julie aan “Year of the Model 2004” deelgeneem waar sy uit 423 deelnemers, ‘n 12de plek behaal het.
Hierdie kompetisie word op 2,10 en 17 September om 18:30 op kykNet uitgesaai.
Emily wat slegs tien maande modelwerk doen, het die titel van “Mej Dwaalboom 2004” gewen en is Saterdag as tweede prinses in die ouderdomsgroep 17-24 aangewys. Gedurende 2004 het Studio III modelle ingeskryf vir vyf kompetisies, waarvan vyftien titels gewen is en twaalf ander plekke behaal is.
Vir enige navrae, kan Peter, Studio III, gekontak word by (014) 772 1968 of 072 659 5036.