Inwoner by restaurant beroof

THABAZIMBI – Me Helen van Staden is Vrydagaand, buite in die parkeerarea van een van die restaurante in Thabazimbi beroof.
Me van Staden sê sy, haar man en kleinkind het uit die restaurant na hul voertuig wat ‘n entjie weg van die restaurant geparkeer was, gestap.
Die gedeelte van die parkering is in die donker met geen ligte of karwagte nie.
Sy het haar beursie en selfoon in haar hand gedra, en met die oopmaak van haar motordeur het die booswig die deur in haar vasgeslaan en die beursie gegryp en weggehardloop.
‘n Bystander het hulle ook te hulp gesnel, maar die booswig was reeds weg. Sy skat hom so tussen 16 en 20 jaar. Me van Staden sê die polisie was binne vyf minute op die toneel, maar daar was geen teken van die man nie.
Daar was R1500 kontant in haar beursie, ‘n goue hangertjie, haar bestuurderslisensie, ID en al haar bankkaarte. Sy waarsku die inwoners om verdag te wees op enige persoon wat hul voertuie nader en veral op hul hoede te wees indien hulle in ‘n donker plek geparkeer het