HFM krieket uitslae
THABAZIMBI – Frikkie Meyer se Standard Bank O/15A krieketspan het op Saterdag, 28 Augustus, teen Hoërskool Warmbad gespeel. HFM verloor die loot en boul eerste. Warmbad kon egter net 90 lopies in 37 beurte aanteken.
HFM wen met nege paaltjies, en hierdie O/15A span wen Streek een van die Limpopo Provinsie en dring deur na die volgende streekkompetisie.
Die beste bouler was Maurice Enslin wat vyf paaltjies vir agtien lopies in sewe beurte geneem het. Maurice is ook een van die beste kolwers van die dag met 32 lopies, met Helgard Cronjé op sy hakke met 25 lopies.
Die eerste span het ook tydens die dag teen Warmbad gespeel. Warmbad behaal slegs 268 lopies vir nege paaltjies in die toegelate 50 beurte. HFM het egter hul wenlopies reeds in die 38ste beurt behaal. Die beste kolwer van die dag was Kerneels Viljoen wat 70 lopies behaal.