Van Wykskraal Laerskool slagorkes presteer

MAKOPPA – Die slagorkes van Laerskool Van Wykskraal het Vrydagaand, 27 Augustus, by Laerskool Thabazimbi deelgeneem aan die kunswedstryd. Die orkes behaal ‘n A+, en die skool wens me Elize Bezuidenhout, Ilna Schutte en die leerlinge baie geluk met hul prestasie.
In die sangitem afdelings het Anda Lee ‘n B+ behaal en Luani Erasmus ‘n A. Tydens die klavierbegeleiding behaal Anda ‘n A+ en Luani ‘n A.