General

Eerste vuurwapen sertifikaat vir Thaba

THABAZIMBI – Die eerste vuurwapen sertifikaat vir Thabazimbi, is op Donderdag, 26 Augustus oorhandig aan mnr John Motloung. John is die eerste persoon wat sy 100 ure opleiding voltooi het.
Daar is slegs drie SABS geakkrediteerde skietbane in die Limpopo provinsie, waarvan Thabazimbi een is. Opleiding vind plaas in vier eenheid standaarde, naamlik handwapen, geweer, haelgeweer en handkarbyn. In elke eenheid standaard is daar vier onder afdelings, naamlik wetlike aspekte, veilige hantering van ‘n wapen, wettige gebruik en onderhoud van ‘n wapen en praktiese skiet.
Daar is datums gekoppel aan alle her-registrasies volgens hul verjaarsdag datum, maar dit is slegs ‘n riglyn, en enige persoon kan ter enige tyd her registreer.
Kontak Jaco van Vuuren by 082 439 1440 of Jaap Lotter by 072 773 7870 vir enige verdere inligting.