Kromdraai bosveld fees
KROMDRAAI – Die organiseerders, wat bestaan uit verteenwoordigers van Lodges, Wildsplase, lokale- en streeksrade, asook inwoners en besigheidsmanne van Kromdraai sê die hoofdoel van hierdie fees, is om lokale en internasionale toerisme in die Limpopo Provinsie te ontwikkel.
Hulle gaan uitstallers, georganiseerde aktiwiteite en verwante produkte na Kromdraai bring. Hulle sê ook dit is die ideale geleentheid vir lokale, nasionale en internasionale diens verskaffers waar hulle hul produkte kan vertoon aan besoekers en moontlike toekomstige kliënte teen ‘n bekostigbare tarief.
Na slegs drie weke, het die organiseerders alreeds in Julie oor die 40 geregistreerde uitstallers wat ingeskryf het. Dit sluit korporatiewe uitstallers soos SA Brouerye, Suzuki SA, Countrywide medals en McCarthy SA in. Die twee groot erkende klub-vlak sport gebeurtenisse, “The tour de Lodge” bergfiets resies asook die “off-road” maraton,
Bi-Athlon, gaan plaasvind tydens die fees. Met al hierdie opwindende gebeurtenisse, verwag die organiseerders reeds oor die 2500 besoekers.
Beskikbare stalletjies is ‘n 10×10 teen R500 (naweek), 6×6 teen R300 (naweek) en 3×3 teen R150 (naweek). ‘n Kragpunt sal R50 per eenheid beloop.
Vir akkommodasie kan Jane Fourie gekontak word by (014) 736 3694, en vir besprekings of verdere inligting kan Sandra Newton gekontak word by (011) 433 4754 of 073 229 6100.