General

Beestuberkulose neem toe in Nasionale Kruger Wildtuin

Beestuberkulose, ‘n hoogs aansteeklike siekte onder buffels in die Nasionale Kruger Wildtuin, het oor die afgelope ses jaar toegeneem in die suidelike en sentrale gebiede van die park.
‘n Sensus wat in 1998 gedoen is, dui daarop dat die suidelike gedeelte die hoogste besmet is, met 38% van die buffels wat getoets is vir die siekte, maar dit het intussen toegeneem na 43%. Die toename is self hoër in die sentrale gedeeltes, waar dit van 16% na 25%  gestyg het.
In die Satara area word daar jaarliks 10% van die gesonde diere besmet. Amerikaanse wetenskaplikes help tans met die navorsing oor die verspreiding van die siekte. Die fondse vir hierdie projek word voorsien deur die “United States National Science Foundation”  en is in 2001 begin.
Wetenskaplikes van die Universiteit van Berkeley sowel as die Universiteit van Pretoria werk saam met die wildbewaarders om die besmette diere op te spoor. Paul Cross, ‘n PhD student aan die Universiteit van Berkeley in California, wat hierdie projek koördineer, sê hierdie is een van 30 soortgelyke projekte wêreldwyd waarby Berkeley’s betrokke is.
Hy sê die projekte se doel is om die siekte te beheer wat beeste in Afrika, Kanada en USA besmet. Hy verduidelik verder dat die Nasionale Kruger Wildtuin gekies is, omdat buffels vrylik beweeg oor ‘n groot geografiese gebied, maar steeds in ‘n beheerde area is.
Tussen 80 en 90 buffels in die sentrale gedeelte van die park, is toegerus met radiosensor halsbande, en daardeur is bevind dat die buffels so ver noord as Punda Maria beweeg, terwyl ander opgemerk is in die nabye Manyeleti en Klaserie Wild Reservaat.
Een bul is huidiglik in die “Phalaborwa Mining Company” se wild reservaat.
Volgens Paul Cross is daar bewyse gevind dat hierdie siekte reeds in die vroeë 1960 of 1980 in die Kruger Wildtuin onder beeste uitgebreek het in die suidelike grens van die Park. Hy het bygevoeg dat buffels nie die enigste spesie is wat deur beestuberkulose besmet kan word nie.