ABSA hou sop dag vir Ysterberg

THABAZIMBI – ABSA het in samewerking met Thabazimbi Spar en Pick ‘n Pay, verlede Vrydag ‘n sop dag gehou vir die leerlinge van Ysterberg Laerskool.
Al 1250 leerlinge het elk ‘n beker sop en ‘n broodjie ontvang wat onder leiding van Mnr André du Toit, Bestuurder van ABSA, uitgedeel is. Thabazimbi Spar het 60 brode geskenk, en Pick ‘n Pay en die personeel van ABSA, het vir die sop gesorg.
Mnr du Toit sê dat ABSA een maal per kwartaal ‘n gemeenskaps projek borg, en dat Ysterberg Laerskool hierdie kwartaal die sop en broodjie dag terdeë geniet het.