Ambulanse deur osse getrek
Pasiente in landelike gebiede in Zimbabwe sal voortaan van die dienste van ambulanse gebruik kan maak wat deur osse getrek word. Die Zimbabwiese minister van gesondheid wat heel in sy noppies met die jongste toevoeging tot die Zimbabwiese gesondheids-diens is, sê die nege nuwe ambulanse sal talle menselewens red. Die nuwe ambulanse word as ‘n luukse in Zimbabwe beskou waar talle staatshospitale slegs hoofpynpille in hul apteke het.