Thaba Skou om die draai
THABAZIMBI – Die plaaslike skou, 29 – 31 Julie, beloof om vanjaar weer propvol aktiwiteite en opwinding te wees.
Daar sal ook ‘n “Dirt Car Rally” agter die veilings krale gehou word en die adrenalien ‘junkies’ sal groot genot hieruit put.
Die veiling sal op 29 Julie om 11h00 afskop. Ander aktiwiteite is die “Paint Ball” kompetisie, 4×4 motorfietse, braaivleis kompetisie, fietswedren, perde skou, “SA bungy bounce”, mallemeule, Clover karakters en nog baie meer.
Byna twee sale gaan afgestaan word aan motor uitstallings. Daar gaan vermaak vir oud en jonk wees, so trek maar jou gemakskoene aan en kom deel in al die pret.