Frikwensies by Sun City

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se revuegroep, die Frikwensies, is uitgenooi om op Saterdag, 17 Julie om 15:00 by Sun City in die Extravaganza teater te gaan optree.
Die Frikwensies gaan ‘n volle vertoning van ongeveer twee ure aanbied.
Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar by Hoërskool Frikkie Meyer en by Montane (014) 772 1022 (Liezie) teen slegs R30 per persoon.
Die Frikwensies het ook die eerste uitdunrondte van die Minimax Revuekompetisie geslaag en neem in Augustus aan die semi-finale in die Sanlam Ouditorium in Potchefstroom deel. Slegs vier skole word hier gekies om aan die Gala-aand op 4 September in die Staatsteater te gaan deelneem.
Die Frikwensies se produksie is vanjaar getiteld, “Tussen Vriende”.
Kaartjiebesprekings vir die Minimax Revuekompetisie kan ook by Hoërskool Frikkie Meyer gedoen word by kontak nommer (014) 777 1583.