Sport

Vlakvark fietswedren

THABAZIMBI -Tydens vanjaar se skou sal die Vlakvark fietswedren weer aangebied word op 31 Julie 2004.
Die wegspring sal vanaf die skougronde wees en die roete sal uitgemerk wees op die Ellisras (Lephalale) pad. Afstande vir kinders onder 10jaar is twee kilometer, terwyl almal ouer aan onderskeidelik 10, 35 en 75 kilometer gaan deelneem.
Die wedren se wegspring tyd sal om 7h30 begin met die afsnytyd om 12h00. Die Vlakvark medaljes, geborg deur Thabazimbi Spar, Ipelegeng Spar en Thabazimbi Delta, word aan elke deelnemer, wat die roete voltooi, oorhandig. Obaro borg die prysgeld.
Inskrywing gelde vir O/10 deelnemers beloop R20 en alle ander inskrywings bo 13jaar, R30. Tandem deelnemers vir die 35 en 75km beloop R55.
Vir verdere navrae kan die Landbou en Nywerheidsgenootskap gekontak word by (014) 777 1204.