General

Netbalspan na die Kaap

THABAZIMBI –  Laerskool Thabazimbi se O/13 netbalspan het Woensdag na die Top-14 Netbaltoernooi, wat in George aangebied word, vertrek.
Dit is die derde keer wat hierdie toernooi aangebied word. Laerskool Thabazimbi is na die toernooi, waaraan slegs die beste presteerder regoor die hele land deelneem, uitgenooi op grond van die feit dat hierdie spannetjie vir twee jaar opeenvolgend, as naaswenners uit die stryd getree het in Limpopo Provinsie.
Hierdie spannetjie het ook die naweek van 20 Maart as wenners uit die stryd getree tydens ‘n Netbaldag wat op Brits aangebied is.
Gelukkig gaan dit nie net netbal heeltyd wees nie. Woensdagaand het hulle op Kimberly oor geslaap en die groot gat daar besigtig. Donderdagaand was dit Oudtshoorn se beurt waar hulle die volgende dag, die Kango Grotte van binne gaan beskou en sommer ‘n draai maak by die jagluiperdtelings instituut. Eers daarna word die pad na George geneem en keer hulle op 8 April terug na Thabazimbi.
Die span word vergesel deur hul afrigter, Elna Massyn en haar man, Ciske, wat as bestuurder van die bus asook spanbestuurder sal optree.