General

Makelaars vir volledige diens

THABAZIMBI – Victor Potgieter Makelaar is nou in sy eie kantore op die TR Centre perseel.
Die kantore is regs, regoor TR Centre en D&W Dozer se ingang. Victor is alreeds ‘n bekende makelaar in Thabazimbi. Hy was vyf jaar aktief uit ‘n bank in Thabazimbi, betrokke in die bedryf.
Die diens wat Victor en sy drie dames, Catrien, Marietjie en Magda lewer sluit alles in die versekerings bedryf in soos beleggings, lewensversekering, trust, finansiële ontledings, boedel beplanning, aftrede,  testamente, korttermyn en mediese fondse.
Victor werk sedert 1 Oktober verlede jaar as onafhanklike makelaar op sy eie. Hy bedank ook al sy getroue kliënte vir die vertroue in hom deur nogsteeds van hom gebruik te maak.
Hy en sy span nooi alle ou en nuwe kliënte uit, om ‘n heerlike koppie koffie of tee saam te kom geniet en alle vrae en kwelpunte oor versekering uit te klaar.
Vir inligting of afsprake tuis kan u hulle gerus skakel by 014 7721952 of 7721934 (kantoor) of Victor by 083 229 7603.