General

Laerskool Thaba dié vakansie die wêreld vol

THABAZIMBI – Vier van die Laerskool Thabazimbi se sportspanne het hierdie week op toere na verskillende dele van die land vertrek.
Die eerste rugbyspan en die o/11A’s het reeds Sondag 28 Maart die pad gevat Potchefstroom toe, waar hulle tydens ‘n strawwe vierdae-lange toer teen vyf ander skole gaan meeding. Die mense wat die o/11’s se toer moontlik gemaak het is Shoprite, Mr Video, Bloukrans Bore, Maxiprest, Ehlers Elektries en Supa Quick.
Die eerste netbalspan, ‘n groep dametjies wat reeds vir die laaste twee jaar die naaswenners van die Limpopo liga was, het Woensdag 31 Maart na George vertrek vir ‘n Top 14 netbal toernooi wat tot 8 April sal duur.
Die mense en instansies wat hierdie toer moontlik gemaak het is Dust a Side (Pretoria), T.C Mining, Coca-Cola, P&C, Thaba Spar, Blue Chip Lubricants, Obaro – Dwaalboom, Kumba Resources, Thaba Alarms, Kardoesie, Anema Denton en Arina van den Brink.
Die o/10A span van mnr Kobus Janse van Rensburg het op Dinsdag 30 Maart na die Sonskynvallei Rugbyweek by Laerskool Marble Hall vertrek. Ander skole wat hierdie week bywoon is Laerskool Heilbron, Laerskool Kragbron van Witbank, Oranjegloed van Secunda, Laerskool Marble Hall en Julian Muller van Groblersdal.