General

Herwinning – die antwoord op besoedeling

Ons mooi land is besig om stadig maar seker in ‘n reuse ashoop te verval. Oral word probleme ondervind met hierdie groeiende vraagstuk. Reuse vullishope is aan die orde van die dag. Hierdie gedagtes laat sommiges van ons koud, maar andere van ons wil graag help om hierdie vraagstuk te help oplos. Wat kan u en ek doen?
Wel, die enigste antwoord is om deel te raak by die herwinnings proses van alle herwinbare materiale en afval produkte. Anna-Marie Coetzee het besluit om die vraagstuk aan te pak om soedoende te help om ons omgewing skoner en netjieser te hou. Sy het tans ‘n groeiende herwinningsbesigheid oorgeneem naamlik Thaba Herwinning. Haar doel is om so veel as moontlik afval produkte te herwin. Alles wat herwinbaar is word herwin, vanaf kartondose, papier plastiek sakke, plastiese houers, platiesepype, sink, staal, gasbottels ens. Hierdie produkte word meetal in bale gepers en word aan groter herwinningsbesighede in Rustenburg voorsien.
Papier en karton word na papiervervaardigers gestuur waar dit verwerk word tot bruikbare papier. Glas word in glasfabrieke gesmelt waarna dit weer herbruik kan word. (Het u geweet dat glas kan nie verweer in die natuur nie). So word alle herwinbare produkte verwerk en hergebruik.
Tans herwin Anna-Marie sowat 25 tot 30 ton herwinbare produkte per maand. Oor ‘n tydperk van een jaar ongeveer 300 tot 360 ton. Dink net hoe groot hoop afval dit is wat nie in die natuur gestort word nie. Raak betrokke by hierdie goeie saak en help so om ons erfenis vir ons nageslag skoon te hou. As u enige van die gemelde produkte het wat in u woning, kaste, motorhuis of in u erf rondlê, kontak gerus vir Anna-Marie om dit vir u te kom verwyder. U kan selfs ‘n paar rand verdien deur deel te neem aan die herwinnings proses.
Thaba Herwinning is geleë op dieselfde perseel as Staal Aasvoël en TR Centre. Anna-Marie kan gekontak word by 083 743 5466