Senior burger Gesinsdag

PIETERSBURG – Die senior burgers van die Noordelike Provinsie nooi oud en jonk, almal wat nie by klubs geregistreer is nie, om op 9 Julie om 08:00 te kom speel op Pietersburg se Jukskeibane.
Die dag sal die vorm aanneem van ‘n fondsinsamelingsprojek vir Noordelike Provinsie se senior burgers wat eenmaal per jaar plaasvind te Kroonstad. Elke klub voorsitter, sekretaris of organiseerder moet asseblief op 6 Junie bevestig hoeveel mense teenwoordig sal wees en hoeveel persone middagetes wil bestel om sodoende die reëlings ten opsigte van die aankope te finaliseer.
Almal meld by die bane aan, kapteins word gekies en die res word onder die kapteins ingedeel. Die dag is om jukskei te bevorder asook nuwe vriende te maak en te werf.
Die kontak persoon is Johan Grobbelaar by tel (015) 293 0855 of 083 368 1715.
Bring gerus u vriende saam, verversings word heeldag voorsien.