Rooiberg Eeufeesviering in 2006

ROOIBERG – Rooiberg vier in 2006 sy 100-jarige bestaan.
Op 19 Mei 2005 is ‘n vergadering te Phokoje Lodge gehou om ‘n Feeskomitee te kies wat verantwoordelik gaan wees vir al die reëlings rakende die fees. Daar was ‘n groot teenwoordigheid van inwoners en as die sukses van volgende jaar se fees aan die positiewe houding gemeet kan word, kan dit net ‘n groot sukses wees. Die voorlopige datums vir die fees is vanaf 17 tot 21 Maart 2006.
Vir enige voorstelle of kommentaar mag Gordon Panman by tel. (014) 734 1669 of 083 266 7959 gekontak word.