Gholfnuus
THABAZIMBI – Die bywoning van verlede Saterdag se Sanlam Kanker Gholfdag was teleurstellend. Dit kan toegeskryf word aan die skole se rugby-program en ‘n groep wat na die Suidkus toer. Die swak bywoning van die aand se funksie is egter nie verskoonbaar nie, ook nie die fotograaf wat nie opgedaag het nie.
Groot waardering moet egter gaan aan die groep spelers wat wel gespeel het en die funksie die aand bygewoon het. Dankie ook aan die plaaslike Sanlam-tak wat die dag geborg het en vir hulle samewerking en ondersteuning. Fanie Venter, Elsa Dippenaar en Geeta Jacobs van Sanlam en die Kanker Vereniging was die aand teenwoordig en het die pryse oorhandig. Die dag se verversings en die aandete is weer deur Louis se Deegverrassing voorberei en was soos altyd van hoogstaande gehalte.
Die wenners was as volg: Afdeling A: Pietie Terblanche (40), Carel Payne (38) en Gert van Niekerk (37 met uittel). Afdeling B: Chris Bronkhorst (37), Jannie van Graan (36) en Bokkie Bronkhorst (32). Afdeling C: Rudolph van Rensburg (37), A Venter (30) en T Bronkhorst (28 met uittel). Dames Afdeling: Alta Venter (42) en Alida van Niekerk (34).
Saterdag 4 Junie is dit die Hoërskool Frikkie Meyer se Borgdag.
Donderdag 9 Junie speel die Sages op Naboomspruit. Saterdag 11 Junie is dit die Maandelikse Slagspel. Donderdag 16 Junie is dit Jeugdag en ‘n kompetisie sal nog bepaal word vir dié dag. Saterdag 18 Junie is die liga tuis op ons baan. Die dag sou op Nylstroom gewees het, maar dit word nou deur die Veterane aangebied.
Saterdag 25 Junie is dit die “Foursomes” kampioenskap oor 27 putjies. Skryf asseblief in pare in.
Die kompetisies wat op ‘n gereelde basis deur die jaar aangaan is die Woensdagmiddag se Pick ‘n Pay Sundowner en die tweede been van die Eklektiek.
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments