General

Geslaagde Eiendomsreg Konferensie

Mnr Dries Joubert, voorsitter van TLU-SA Noordstreek, het sy tevredenheid uitgespreek met die verloop en afloop van die TLU-SA Eiendomsreg Konferensie wat Dinsdag 24 Mei 2005 in Pretoria aangebied is.
Professor Adriaan Pont het ‘n geskiedkundige oorsig gegee oor die patroon van vestiging in Suid-Afrika van die middel 1600. Hy het dit duidelik gestel dat voorvaders van die Wit Afrika Minderheid het nooit grond ‘gesteel’ nie. Hy het aangedui dat die yl bevolkte gebiede in Suid-Afrika bewoon was soos soveel ander volkere in Afrika en die wêreld dit gedoen het. Hy het duidelik aangedui dat in sekere gevalle daar wel ooreenkomste met groepe aangegaan is om grondgebied te bekom. Hy het dit duidelik gestel dat die huidige histerie rondom grond herverdeling ideologies gedrewe is en nie uit historiese bronne gestaaf kan word nie.
TLU-SA se standpunt is duidelik, naamlik dat die ideologies gedrewe beleid nie haalbaar is nie. Dat die sogenaamde ‘score card’ afpersing, intimidasie en afdreiging is en nie in ‘n beskaafde samelewing tuishoort nie. Dat dit eerder die laksheid en onbevoegdheid van die Grondeise kommissaris is wat grootliks vir die gemors verantwoordelik is.
Twee voorbeelde van Zimbabwe style grond besetting is deur mnr Gideon Meiring en mnr Piet Kemp aan die konferensie voorgedra. Grondeienaars is weer dringend versoek om by georganiseerde landbou aan te sluit en so gou moontlik hulle self te bekwaam deur die veiligheidsopleiding wat beskikbaar is.
Professor Koos de la Rey het gewys op die ideologiese gedrewe agtergrond van die implementering van grondbelasting. Hy het ook konferensiegangers gewaarsku om nie as individue met plaaslike owerhede te onderhandel nie, maar as ‘n struktuur die saak te hanteer. Hy het die bekostigbaarheid van eiendomsbelasting gewys en riglyne verskaf om die situasie te bestuur.
Mnr Joubert het gesê die lede wat die konferensie bygewoon het, sal met nuwe geesdrif die probleme in die landbou en veral die rasgebaseerde wetgewing, aanpak om die boer in veiligheid, ekonomies volhoubaar te laat aanhou boer.