Posted on 04 April 2012.

Walter Nkuna wat glo by renosterstropery betrokke was het op Maandag 19 Maart selfmoord gepleeg.
DWAALBOOM – Die polisie het bevestig dat ‘n 40-jarige bestuurder van ‘n natuurreservaat in Limpopo, wat glo by renosterstropery betrokke was, selfmoord gepleeg het.
‘n Polisiewoordvoerder, kol Vishnu Naidoo, sê Walter Nkuna se liggaam is Maandagmiddag, 19 Maart, in sy huis op die Atherstone natuurreservaat, in die Dwaalboom omgewing naby Thabazimbi, gevind. Hy sê die polisie was besig om leidrade op te volg rakende ‘n renoster wat Vrydag in die reservaat vir sy horing gestroop is. Nkuna se .458 kaliber vuurwapen is langs sy liggaam gevind. Naidoo sê hulle vermoed Nkuna het selfmoord gepleeg toe die polisie op pad was om hom in hegtenis te neem. Volgens berigte het die Nkuna hom in sy huis toegesluit en selfmoord gepleeg toe die polisie daar opgedaag het.
Naidoo sê die polisie vermoed geen vuilspel nie en ondersoek die saak. Nkuna is volgens berigte ‘n werknemer van die departement van omgewingsake in Limpopo. Daar is intussen verneem dat daar moontlik nog ‘n renoster in die reservaat doodgeskiet is en ‘n verdere drie gewond is. Naidoo sê hulle ondersoek die bewerings. Twee Mosambiekers word gesoek in verband met die stropery. Die Atherstone natuurreservaat is ‘n gesamentlike onderneming van die departemente van omgewingsake en toerisme in Limpopo, sowel as private eienaars.
Deur Estie Taljaard
estie@kwevoel.co.za
Posted in SAPS, Top Stories
Posted on 26 March 2012.

Die Thabazimbi Polisiediens het weer die afgelope naweek groot suksesse in Regorogile behaal deur vier onwettige sjebeens se deure te sluit. Ongeveer 120 quarts-bottels tesame met ‘n yskas is gekonfiskeer.
Posted in SAPS, Top Stories
Posted on 19 March 2012.

Laerskool Thabazimbi se jaarlikse Waterkaskenades is gister, op ‘n bewolkte Donderdag, 15 Maart op die papnat sportveld aangebied.
Die leerlinge het in klasverband deelgeneem aan die verskeie water-speletjies wat hulle vernuf ten opsigte van balansering, skattingsvermoë en hand-en oogkoördinasie, beproef het. Die speletjie hierbo vereis dat die leerlinge ‘n bruggie bou met die halwe pype sodat die tennisbal van heelagter tot voor in die emmer kan rol.
Posted in School News, Sport, Top Stories
Posted on 19 March 2012.

Die Thabazimbi Polisiediens het weer die afgelope naweek groot suksesse in Regorogile behaal deur vier onwettige sjebeens se deure te sluit. Ongeveer 120 quarts-bottels tesame met ‘n yskas is gekonfiskeer.
Posted in General, SAPS, Top Stories
Posted on 19 March 2012.

Jacques en Christie Els by hulle woning in Thabazimbi.
THABAZIMBI – Suid-Afrika sit met ‘n groot probleem om renosterstropery hok te slaan. Daarby is Suid-Afrika ook een van die min lande op die Afrika kontinent wat iets daadwerkliks hieromtrent kan doen.
Deur renostershoring basies waardeloos te maak in terme daarvan dat vrylike handel in dié produk wêreldwyd toegelaat word, kan daar waardetoevoeging tot die renosters self gedoen word. Wildboere sal dit weereens die moeite werd vind om renosters te teel en van uitwissing te red as daar ‘n waarde aan die dier self gekoppel kan word. Hiermee sal wildboere dit kan bekostig om ‘n gewapende wag vir elke renoster op sy wildplaas aan te stel om die diere dag en nag op te pas. Gereelde oes van die renosterhorings kan dan in die wêreldwye vraag na renosterhoring voorsien.
Dit is die mening van Jacques Els wat die afgelope week tot 8 jaar tronkstraf in Louis Trichardt gevonnis is oor die besit van renosterhoring sonder die nodige permitte. Al die horings in sy besit was afkomstig van renosters wat verdoof en onthoring is in ‘n poging om te verhoed dat stropers toeslaan en die diere doodmaak vir hulle horings.
Jacques het met Kwêvoël gepraat oor die vonnis waarteen hy nou appèl aangeteken het. Hy sê dat dit nooit sy bedoeling was om enigiets weg te steek nie en was hy eerlik en het sy volle samewerking sedert die begin van die ondersoek gegee.
Ongelukkig lees stropers nie koerante en kyk hulle ook nie TV nie waar hulle kan sien wat met hulle kan gebeur as hulle skuldig bevind word vir die stroping of besit van renosterhoring. Els sê dat die vonnis wat hom opgelê is nie stroping gaan stop nie. ‘n Ander plan sal beslis gemaak moet word, want teen die tyd dat sy vonnis uitgedien is sal daar volgens kundiges geen renosters meer oor wees om te stroop nie.
Posted in General, SAPS, Top Stories
Posted on 19 March 2012.

Die Nissan 1400 is afgeskryf nadat die bakkie teen ‘n Munisipaliteit werksbakkie gebots het. Foto verskaf.
THABAZIMBI – ‘n Stampvol wit Nissan 1400 bakkie het omstreeks 17:30 op Saterdag 10 Maart teen ‘n Thabazimbi Munisipaliteit bakkie by ‘n drierigting stopstraat gebots.
Die Nissan het na bewering die stopteken by die drierigting stop oorkant Tirol Kwekery verontagsaam en teen die Munisipale werksbakkie wat onderweg was na hul werkswinkel in Stasieweg, vasgejaag.
Die Munisipale bakkie het ongeveer R30 000 skade opgedoen terwyl die Nissan afgeskryf is. Dit insittendes is per ambulans na Thabazimbi Hospitaal vervoer. ‘n Saak van roekelose bestuur word ondersoek.
Posted in General, SAPS, Top Stories
Posted on 19 March 2012.
THABAZIMBI – ‘n Bekende meubelwinkel in Thabazimbi is op Dinsdag 21 Februarie net na 07:00 van R71 000 se kontant en ware beroof.
Volgens Joshua Doore se getraumatiseerde bestuurder, me Jolandie van der Merwe, het sy oudergewoonte net na 07:00 die winkeldeure oopgesluit, nadat sy haar seuntjie by die Laerskool afgelaai het. Sy het haar besig gehou met administratiewe take onderwyl sy op haar werknemers gewag het wat tussen 07:45 en 08:00 daagliks opdaag.
Van der Merwe was oppad na die kleedkamers toe iemand haar van agter hardhandig in die kleedkamer gestamp en die deur agter haar gesluit het. Sy het gehoor hoe die misdadigers die winkel plunder opsoek na waardevolle items. Van der Merwe sê dat die misdadigers ‘n vreemde swart taal gepraat het wat sy nie kon herken nie.
Na ‘n tydperk, wat soos ‘n ewigheid gevoel het, het dit stil geword in die winkel. ‘n Rukkie daarna is sy deur een van die personeellede vrygelaat wat haar hulpkrete vanuit die kleedkamer gehoor het.
Die Thabazimbi Polisiediens was vinnig op die toneel en kon duidelike vingerafdrukke van die kluis af lig. Alhoewel die misdadigers tot selfs Van der Merwe se sigarette en selfoon gegaps het, het hulle tog vir haar twee sigarette en haar sigaretaansteker in die sigaretdosie agtergelaat.
Die ondersoek duur voort. Ter perse gaan was niemand nog in die voorval gearresteer nie.
Posted in SAPS, Top Stories
Posted on 12 March 2012.

Me Meloney Viljoen is deur ‘n bestuurder van ‘n wit voertuig op Woensdagoggend op die hoek van Vierdelaan en Frikkie Meyerstraat raakgery.
THABAZIMBI – ‘n Inwoner van Vierdelaan is op Woensdagoggend net na 08:00 deur ‘n wit voertuig raakgery, nadat die bestuurder ‘n stopteken geminag het.
‘n Geskokte me Meloney Viljoen het aan Kwêvoël vertel dat sy onderweg was na haar vriendin se huis in Judithstraat en het op die hoek van Vierdelaan en Frikkie Meyerstraat, by die vierrigting stopstraat oorgeloop. Sy het gesien daar is ‘n voertuig oppad, maar het gereken die voertuig sal eers by die stopstraat stop en haar tyd gun om betyds oor die pad te wees.
Die bestuurder van die wit voertuig het egter nie by die stopteken gestop nie en het me Viljoen, wat nog nie heeltemal op die sypaadjie was nie, gestamp sodat sy op die voertuig se enjinkap te lande gekom het. Sy het gesien hoe die vrou na haar kyk en het tot selfs gesien wat die blondekop seuntjie voor in die passasiersitplek aangehad het.
Me Viljoen sê sy was egter diep teleurgesteld in dié donkerkop dame wat nie eers die hoflikheid gehad het om te stop en uit te vind of sy seergekry het nie en het net lank genoeg stilgehou vir me Viljoen om regop te kom waarna sy in ‘n dolle vaart weggetrek het.
Viljoen sê dit is hoogtyd dat mense besef watter skade hulle kan aanrig indien hulle nie die padtekens gehoorsaam nie. “Dit is nie ‘n versiering nie, dit dien ‘n doel. Jy is nalatig as jy nie stop nie. Wat sou gebeur het as dit ‘n kind was wat raakgery was?”
By navraag of sy die dame sal herken wat haar omgery het, sê Viljoen, “Ja, en sy weet wie sy is…”
Viljoen bedank ook graag die mense in die bakkie wat wel gestop het om te verneem of sy seergekry het.
Posted in General, Top Stories
Posted on 12 March 2012.

Renosterboere van die Thabazimbi omgewing het op Dinsdag 6 Maart ‘n renostervergadering by die SAPD lesingslokaal bygewoon.
THABAZIMBI – Die tweede SAPD Renostervergadering vir 2012 is op Dinsdag 6 Maart by die lesingslokaal van Thabazimbi Polisiestasie gehou.
Die Polisie het met hierdie vergaderings ten doel om in noue samewerking met die omgewing se renosterboere ‘n sisteem op die been te bring wat hierdie tipe misdaad sal kan hokslaan.
Luitenant Kolonel Schmitz van Northam Polisiestasie het die leiding geneem tydens die vergadering en boere kon deurlopend insette lewer.
Kolonel Moseki het ook ‘n beurt gehad om waardevolle inligting aan die renosterboere deur te gee en het gesê dat daar ‘n groot probleem in Marakele Nasionale Park rakende renosterstropery heers. Sedert Oktober 2011 is daar reeds 10 renosters doodgemaak. Hy het gesê dat ‘n opgedateerde lys van renosterboere benodig word wat die SAPD sal help om renosterstropery in die omgewing te kontroleer.
Die Polisie het verder aan die renosterboere verduidelik dat toneelbewaring ‘n baie groot rol speel in die opsporing en suksesvolle arrestasies van renosterstropers. Waardevolle bewyse word verwoes wat dan verhinder dat die misdadigers opgespoor kan word.
Die SAPD het ook ‘n beroep gedoen dat die Privaat Sekuriteitsmaatskappye wat betrokke is by die renostersake die toneel dadelik aan die SAPD sal oorgee. Voorts het Kol Moseki dit duidelik gestel dat om renosterstropers aan te rand, ‘n kriminele oortreding is wat nie geduld mag word nie. Die oortreder kry in baie gevalle borgtog indien hy aangerand is, sodat hy eers tuis kan aansterk.
Die renosterboere vra vir sigbare polisiëring, meer patrollies in die “rooi” gebiede en dat daar ‘n enkele persoon in die polisie aangestel word om te kontak wanneer daar renosterprobleme opduik aangesien daar kosbare tyd verspil word om rond te skakel na die regte persoon. Dié persoon moet dan ook opgelei wees in renosterstropery ondersoeke en –tonele.
Die SAPD het weer op hul beurt vir die renosterboere gevra om onderlinge patrollies op die been te bring, veral snags en om meer bedag te wees op vreemde tekens by hul hekke en drade soos die bekende “oorlogstekens”. Mnr André Neethling van Thaba Tholo het ‘n beroep op renosterboere om nie onwettige emigrante indiens aan te stel nie, dit is reeds hierdie mense wat as informante optree. Hy het ook voorgestel dat ‘n werkbare aksieplan opgestel word en dat patrollies soveel as drie maal ‘n dag in Marakele gedoen word. Daarby saam is die bestuur van die heinings baie belangrik aangesien veldwagters dadelik onwettige aktiwiteite in die area sodoende kan waarneem.
Die volgende renostervergadering se datum sal in Kwêvoël bekend gemaak word.
Deur Estie Taljaard
estie@kwevoel.co.za
Posted in General, Top Stories
Posted on 12 March 2012.

Die nagmerrie wat voor die Le Rouxs se oë afgespeel het op Sondagoggend nadat hulle woning, van sowat drie jaar, binne etlike minute afgebrand het.
NORTHAM – ‘n Egpaar en hul twee kinders het op Sondag 4 Maart nouliks uit ‘n brandende huis ontsnap, nadat hul prag woning kort voor 3:00 deur ‘n verwoestende brand in puin gelê is.
Hennie en Elmarie Le Roux, van Hennie’s Panelbeaters in Northam, en hul twee kinders, het slegs die klere aan hul lyf en ‘n selfoon oor nadat hul woning tot op die grond afgebrand het.
‘n Baie verslae Elmarie het aan Kwêvoël gesê dat dit die sentimentele goedjies is wat daarmee heen is, wat vir haar die grootste verlies was, maar dat hulle die Here bedank dat Hy hul kinders veilig gehou het.
Hulle bedank ook graag almal wat hulle Sondagoggend bygestaan het asook ‘n spesiale dank aan Swartklip en Amandelbult se brandspanne vir hulle vinnige reaksie. Hulle bedank ook die Coleman gesin wat hulle tans met behuising voorsien.
“Ons besef dat ons ‘n lang pad voor ons het en dat ons dit slegs met ons vriende en familie se gebede en bystand sal oorkom.” Het die egpaar gesê.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend Die ondersoek duur voort.
Posted in General, Top Stories